Rondevoux 6

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rondevoux 6 is direk op Margate se pragtige Blouvlagstrand geleë en bied verblyf aan 6 gaste. Dis perfek vir 'n gesin of groep vriende.

Dié eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in. Die oopplan-eetkamer en -sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste kan gerus hul eie DStv-dekodeerders en slimkaarte saambring.

Skoonmaakdienste is daagliks, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae, beskikbaar, maar beddens word nie opgemaak nie en skottelgoed word nie gewas nie. Ander geriewe sluit lugversorging en 'n patio met braaigeriewe in. Veilige parkeerplek word ook voorsien.

Let asb. daarop dat dié eenheid nie aan studente verhuur word sonder ouertoesig nie. Privaat partytjies word ook nie toegelaat nie. Sou daar studente of partytjies in die eenheid wees, kan gaste gevra word om die perseel te verlaat sonder enige terugbetalings.

Slaapplek

'n Bespreking by Rondevoux 6 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rondevoux 6 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za