Oudtshoorn Akkommodasie by Rooderandt Hillside Lodge | LekkeSlaap
+18
+18

Rooderandt Hillside Lodge

B&B
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R328, Schoemanshoekvallei, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Rooderandt Hillside Lodge is 'n B&B sowat 11 km buite Oudtshoorn in die prentjiemooi Schoemanshoekvallei op pad na die Kangogrotte. Dit word deur die toweragtige Swartberge omring en bied asemrowende sonsondergange en uitsigte. Dié B&B is uniek met sy kombinasie van natuur, kultuur, 19de eeuse-bekoorlikheid en egte Klein Karoo-gasvryheid.

Verblyf word in 5 eenhede gebied wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n bad of stort, lugversorging/verhitting, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, gratis WiFi en buitebraaigeriewe. Gaste moet asb. hul eie privaat reëlings tref indien hulle die braaigeriewe wil gebruik. Pieter se Skryfkamer is die kleinste van die kamers en het nie lugversorging of buitebraaigeriewe nie. Hendrik Z'n Huisje, Kamer 4 het 'n kaggel binne.

'n Voordeel van 'n verblyf by Rooderandt Hillside Lodge is die feit dat dit in die hartland van aantreklikhede van die gebied geleë is - dit maak dit 'n ideale ligging vanwaar gaste die wêreldberoemde Kangogrotte, volstruis-skouplase, wildplase en 'n groot aantal ander besienswaardighede kan besoek. Alhoewel die atmosfeer by Rooderandt ideaal is om in goeie geselskap te ontspan of om interessante gesprekke te voer, bied die huisies ook 'n ideale wegbreek om te ontspan en om jouself weer te vind.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 34 resensies vir Rooderandt Hillside Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • R328, Schoemanshoekvallei, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rooderandt Hillside Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R328, Schoemanshoekvallei, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxOTc3MGNlLTBkMzktNGFlZi1hMDA5LWYxZWIyYjY2MTRjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 R328 Schoemanshoek Valley 6625 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.48465 22.2466147
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za