Gariepdam Akkommodasie by Rooibekkie 45 | LekkeSlaap
+11
+11

Rooibekkie 45

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Rooibekkie Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Rooibekkie 45 is in die dorp Gariepdam, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad, net langs die N1 geleë. Daar is 2 selfsorg-eenhede op die perseel.

Rooibekkie 45A het slaapplek vir tot 7 gaste met 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n stort, en 2 ekstra kamers met 2 enkelbeddens elk. Al die kamers het lugversorging, plafonwaaiers, elektriese komberse, ekstra komberse, linne en handdoeke. Die huis het ook 'n badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en alle ander kombuisbenodighede. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met DStv-kanale. Daar is ook 'n binnebraai en onderdakparkeerplek wat met spitspaaltjies omhein is.

Rooibekkie 45B is 'n woonstel met slaapplek vir tot 3 gaste. Daar is 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, stort en opwasarea, asook 'n ekstra oopplan-kamer met 'n enkelbed en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en alle ander kombuisbenodighede. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met DStv-kanale. Albei kamers het lugversorging, plafonwaaiers, elektriese komberse, ekstra komberse, linne en handdoeke.

Doendinge wat beskikbaar is sluit in: wildkyk, voëlkyk, varswater-visvang, bootvaarte, watersport, sweef, damwaltoere en rolbal.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir Rooibekkie 45
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • 45 Rooibekkie Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Rooibekkie 45 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Rooibekkie Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYxZTY3MmUzLWI0NzEtNDRhMS04MjA3LWYxMTljYzk0MTUwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 45 Rooibekkie Street Gariep Dam 9922 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.595455385737 25.493487173935
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za