Rooihoogte Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rooihoogte Guest House is op die plaas Buffelspruit, 25 km van Carolina op die Badplaaspad geleë, naby die prentjiemooi SAPPI-woud, met pragtige uitsigte op die Hlumuberge. Die groot, oop grasperk is die ideale speelplek vir kinders en die plaas huisves 'n groot verskeidenheid voëllewe.

Dié selfsorgkothuis beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n privaat badkamer, 'n kombuis wat volledig toegerus is met wasgoedgeriewe, en 'n oopplan-leefarea. Die leefarea het 'n TV en stapelbeddens vir kinders.

Gaste kan gaan stap, voetslaan of net die buitelug geniet. Dit is die ideale plek om Badplaas, Elukwatini, Carolina en die Songimvelo-wildreservaat te besoek, en is 'n lekker oorslaapplek op pad na die Kruger Nasionale Park.

Slaapplek

'n Bespreking by Rooihoogte Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rooihoogte Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za