Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Roos Kothuis aan't See

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Roos kothuis aan’t See is ’n selfsorgeenheid in die kusdorp Vermont in die Overberg geleë en 'n ideale plek vir 'n rustige wegbreek. Dit is slegs 300 m van die see en seepaadjie af en het ’n pragtige uitsig oor die see aan die voorkant en die berg aan die agterkant. Die huis lê teen ’n groenstrook en is aan die einde van ’n stil doodloopstraat wat ’n rustige wegbreek waarborg.

Dié dubbelverdiepingkothuis beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, kaggel, privaat braai-area, WiFi en alarmstelsel.

Die onderste verdieping beskik oor 3 dubbelslaapkamers waarvan 1 slaapkamer 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Dié slaapkamer het ’n uitsig oor die olyfbome en die agtertuin.
Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en het ’n uitsig oor die voortuin. Die derde slaapkamer het het beperkte spasie en ’n dubbelbed met uitsig oor die braai-area en op die berge. Daar is ook aparte badkamer met ’n bad. Linne en handdoeke word voorsien.

Die onderste leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en 'n ontbythoekie toegerus.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke en stoele.
Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping, dit het ’n pragtige see-uitsig en 'n en- suite badkamer met ’n stort. Die leefarea op die boonste verdieping het ’n knus TV-hoekie, en 'n pajama-sitarea wat na ’n balkon met gemaklike sitplekke lei. Die balkon spog met pragtige uitsigte oor die groenstrook, Vermontberg en die see. Om koffietyd maklik te maak is daar ook ’n koffie-en-tee stasie in die boonste leefarea. ’n Nespresso-masjien en dompelkoffiepot word voorsien.

Daar is ’n privaat braai- area agter die huis met ’n etenstafel vir 8. Vir vermaak is daar verskeie bordspeletjies, inkleurboeke vir kinders, asook verf en kwaste. Vir die strand word strandhanddoeke, strandstoele, sambrele en mandjies voorsien.

Verskeie restourante, wynplase en markte kan in die omgewing besoek word. Daar is ook ’n groot aantal wandelroetes en bergfietsroetes in die omgewing.
Onrusstrand is die naaste swemstrand met Blou vlag status.
Die Breakfastbaai-strandjie is ook naby die huis.

Die wandelpad langs die see is naby en dit loop verby die Jan Rabie-getypoel en die Davies-getypoel tot by Onrus-strand.

Roos Kothuis is nie geskik vir partytjies en funksies nie maar wel vir 'n rustige wegbreek en familie vakansies.

Slaapplek

’n Bespreking by Roos Kothuis aan't See sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 19 resensies vir Roos Kothuis aan't See
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ida Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Jaar gelys 6

Ligging

  • Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Roos Kothuis aan't See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyYzI4NTlkLTA4NDUtNDY2Zi1hMTcxLWE1NDk5NWM1ODVkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8) 19 5 1 5 4 Malgas Street Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.419444444444 19.150555555556
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem