Rose Cottage
- Kapasiteit: 21 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R495 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rose Cottage Gariepdam is 'n selfsorggastehuis wat halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad en net 5 minute van die N1 af is. Dit is die ideale oornagplek vir moeë reisigers en besoekers wat die aand wil oorbly of vir diegene wat 'n paar ekstra dae wil vertoef om die pragtige Gariepdam en omliggende omgewing wil verken.
Rose Cottage staan bekend as een van die voorste selfsorg-ondernemings in die omgewing en volgens van ons gaste bied ons die beste waarde vir geld van al die gastehuise in Suid-Afrika.
Die gastehuis bied verblyf in 5 eenhede naamlik Hammerkop, Swallow, Rooibekkie, Suikerbekkie en Falcon. Al die eenhede het OpenView-dekodeerders met Easy View-kanale. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir voertuie en sleepwaentjies.
Kom geniet uitstekende doendinge soos seiljagvaarte, visvang, wildreservate en die Gyro-paradys wat die Gariepdam is.
Hier is ook supermarkte, restaurante, kroeë en oulike kafees.
Die Gariepdam is net 40 km van Colesberg af, reg in die hartjie van die land, en is Suid-Afrika se grootste dam.
Let asb. daarop dat daar nie 'n direkte uitsig van die dam vanaf die perseel is nie.
WiFi is in sekere eenhede beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Gaste dink Rose Cottage het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 21 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom