Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rose Cottages

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rose Cottages bied gerieflike verblyf in 3 selfsorg-kothuise met 'n uitsig oor die omliggende wingerde en asemrowende bergreekse en is op die plaas Verdun in Franschhoek geleë.

Elkeen van ons kothuise het 'n patio waar gaste kan terugsit en ontspan en die omgewing indrink. Elkeen het ook 'n braai-area, groot grasperke en 'n privaat swembad. Die kothuise het elk 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, ander toebehore en ons voorsien linne en tot swemhanddoeke. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en haardroërs in elk. Al 3 eenhede het 'n kaggel vir koue wintersaande en 'n eetarea, leefarea en gemaklike sitplek.

Franschhoek is bekend as Suid-Afrika se fynproewers-hoofstad met verskeie bekroonde restaurante in die dorpie. Een van die dinge om definitief nié mis te loop nie is 'n wynproe in die vallei! Daar is verskeie bekende wynlandgoedere in die omgewing en meeste van hulle is oop vir die publiek vir wynproe. Jy kan dit self as deel van 'n saalsafari aanpak! Die dorpie bied verskeie kunsgalerye met wêreldberoemde kunstenaars wat hiér hul werk uitstal.

Daar is ook staproetes in die berge, bergfietse te huur of perdryritte vir meer aktiewe gaste beskikbaar. Stellenbosch en die Paarl is albei net 'n halfuur se motorrit ver of neem die skilderagtige roete oor die Franschhoekpas na Hermanus waar jy kan walviskyk in die wintermaande. Daar is ook 'n uitstekende gholfbane vir gholf-entoesiaste.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Rose Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Joan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Jaar gelys 13

Ligging

  • Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rose Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2eb28d02678b08ef0469bc67684e228fd8bacf8ac3f73e64d5a6fe654a7d3bebe85c605e59841a4279123a181319c3c2738?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 Verdyun Road/Pad Verdun Farm 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.925695700652 19.127680818455
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem