Rose Tree

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Rose Tree is ’n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Rondebosch, Kaapstad. Dié woonstel is ideaal geleë en is slegs 10 minute se ry vanaf Universiteit Kaapstad en Nuweland Rugby- en krieketstadion.

Dié eenheid is ruim, het ’n privaat ingang en ’n oopplan-uitleg. Die slaaparea het ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die en suite-badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie langsaan het ’n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie op die toonbank, ’n ketel en broodrooster.

Daar is ’n TV met sekere DStv-kanale en veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel, agter veiligheidshekke. Rose Tree is ook sowat 10 tot 15 minute se ry vanaf Cavendish Square-winkelsentrum, Kenilworth Renbaan, Nuweland-woud en ander besienswaardighede in die Suidelike Voorstede.

Rose Tree is binne 10 km vanaf die Rhodes-gedenkteken, Kirstenbosch Botaniese Tuin en Groot Constantia Wynplaas. Clifton se vierde strand, Tafelberg se kabelkarretjie, die V&A Waterfront en Kaapstad Internasionale Lughawe is net 20 km daarvandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Rose Tree sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rose Tree gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 31 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za