LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rosenhof Gasteplaas | LekkeSlaap
+136

Rosenhof Gasteplaas

8 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 23, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Rosenhof Gasteplaas is 'n klein plaasopset in een van Clanwilliam se mees historiese strate.

Die verblyf beskik oor 5 eenhede wat apart of as 'n geheel vir 'n groot groep bespreek kan word.

Die Nut Hut is 'n privaat kothuis onder neutebome aan die onderkant van die perseel met 'n asemrowende uitsig op die berge. Die Nut Hut beskik oor 'n slaapkamer met 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n etenstafel buite waar gaste hul maaltye kan geniet.

Die Tuinkothuis het 2 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed. Daar is 'n volle badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die groot sitarea het 'n slaapbank vir 'n ekstra gas. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Dit het ook 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv Premium. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Dubbeldeure lei vanaf die leefarea na die privaat stoep met stoepmeubels. Daar is gemeenskaplike braaigeriewe en 'n swembad waarvan gaste gebruik kan maak asook 'n klein privaat braai-area met ’n mooi uitsig oor die tuin.

Eenheid 5 is onlangs opgeknap en het 'n tikkie meer elegansie. Die eenslaapkamer-eenheid het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n sofa in die oopplan vertrek wat deur 'n derde gas of kind gebruik kan word. Gratis WiFi is beskikbaar.

Eenheid 8 beskik oor 2 driekwartbeddens wat op versoek in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Dit het 'n klein kombuisie met ’n mikrogolf, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die badkamer het ’n bad, stort, toilet en ’n wasbak. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die herfstuin het 'n baie ontspanne atmosfeer en 'n pragtige uitsig op die berge. Daar is ook 'n swembad, gemeenskaplike braai-area, vrugte- en neutebome met baie voëls en 'n dammetjie met eende.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Rosenhof Gasteplaas
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Parkstraat 23, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rosenhof Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 23, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71130aa46bdfe17e9c4f30a4530cb3dfd66200c19414fa2d4bbb44ef6c886b4a9e00489931c6147611c794d23e8fe214127e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 23 Park Street Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.18288741668 18.897133677008
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!