Bellville Akkommodasie by Roses Villa | LekkeSlaap
+24
+24

Roses Villa

Selfsorg
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Merwe-singel 38, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Roses Villa is 'n smaakvol-versierde dubbelverdieping-selfsorghuis wat tussen die Tygerberg Natuurreservaat en die Bellville Gholfbaan geleë is. Dié vakansiehuis is naby verskeie besienswaardighede in die Noordelike Voorstede in Kaapstad geleë.

Die hoofhuis beskik oor 5 slaapkamers, waarvan 4 op die boonste verdieping geleë is. Daar is 2 badkamers op die onderste verdieping. Die eerste een het 'n toilet en die tweede een het 'n toilet en 'n bad. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n ruim instapkas wat na 'n en suite-badkamer lei. Die tweede en derde slaapkamer het albei 2 driekwartbeddens, terwyl die vierde slaapkamer 'n dubbelbed het.

Al 3 hierdie slaapkamers het ingeboude kaste. Die kombuis is op die onderste verdieping en is ten volle toegerus. Dit sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. 'n Ontbyttoonbank deel die kombuis en die sitkamer wat aan die eetkamer en die buite-patio grens. Die leefarea bied toegang tot die tuin waar daar 'n groot swembad en tuinkothuis met 1 slaapkamer is.

Aan die regterkant van die eetkamer is daar 'n tweede sitkamer en 'n studeerarea met 'n TV, 'n yskas en 'n kaggel. Dié area lei na 'n houtdek wat oor die gholfbaan uitkyk. Die vyfde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en ingeboude kaste. Die huis het DStv en daar is gratis WiFi oral op die perseel. Let asb. daarop dat daar 2 honde op die perseel bly.

Die tuinkothuis het 'n enkelkamer, ingeboude kaste en 'n kombuisie. Op die perseel is daar ook 'n tennistafel en trampolien in die tuin.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Van Der Merwe-singel 38, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 7)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 7)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Merwe-singel 38, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUzMmI5ODYyLTNhODEtNDc2NC05NGI4LWVkZDY1ZDIyMjM5Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 7) 38 Van Der Merwe Crescent Welgemoed 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -33.87969 18.62073
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za