by Rotrix Cottage | LekkeSlaap
+30

Rotrix Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kronestraat 13, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Rotrix Cottage is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 4 gaste in Worcester se nywerheidsgebied.

Die kothuis het 'n ruim slaapkamer op die boonste verdieping, met 'n dubbelbed 'n lessenaar en oorgenoeg hang- en pakplek. Die badkamer het 'n bad en stort. Handdoeke, 'n haardroër en basiese toiletware word voorsien.

Die eenheid beskik ook oor lugversorging.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n TV en 'n dubbelslaapbank in die sitarea. WiFi en Netflix is beskikbaar.

Die eenheid lei na 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is agter 'n elektroniese hek beskikbaar.

Neem asb. kennis dat die verblyf nie rolstoel-vriendelik is nie.

Daar is slegs parkeerplek vir 1 voertuig, indien gaste 'n sleepwa of nog 'n voertuig het, moet moet reëlings daarvoor vooraf getref word.

Worcester bied 'n groot verskeidenheid museums, wynkelders, restaurante, die Fossielroete, en Kleinplasie Buitelugmuseum.

Slaapplek

’n Bespreking by Rotrix Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 23 resensies vir Rotrix Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Kronestraat 13, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rotrix Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kronestraat 13, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fbcc3e55165e11338378cd2cbcb352e9f7c96bfa42cd0322156c3d72b0dab69fdc775ae3fcc401a62b0807c55248bcc329f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300  per nag, vir 4 mense 23 5 1 5 13 Krone Street Worcester 6850 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.639869 19.465694
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem