Rotsvas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rotsvas is net langs die hoofweg in Yzerfontein, 'n tipiese Weskusdorpie. Ons bied puik akkommodasie vir jou volgende gesinsvakansie. Dié huis is ideaal vir 'n groot gesin of 'n vriendegroep wat op soek is na 'n rustige webreekplek in hierdie mooi hoekie van die land. Rotsvas spog ook met luisterryke uitsigte oor die Atlantiese Oseaan.

Die dubbelverdiepinghuis is ten volle gemeubileer en bied slaapplek vir 8 persone in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Hierdie 3 slaapkamers deel 'n badkamer en daar is nog 'n ekstra toilet vir jou gerief. Die kombuis is volledig toegerus en die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Gaste het toegang tot braaigeriewe, 'n pooltafel en veilige parkeerplek.

Gaste kan tydens laaggety na die klein strandarea oorkant die pad stap en die pragtige fynbosroetes langs die see volg. Die huis kyk op die pragtige 16 myl-strand in die rigting van die natuurreservaat langs Langebaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Rotsvas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Rotsvas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 417 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za