Rotsvy Gastehuis
Beskrywing
Rotsvy Gastehuis bied rustige verblyf op die punt van die Waterbergreeks. Dit is onder die historiese Buyskop geleë en is sowat 7 km noord vanaf Bela-Bela.
Die huis is apart van die hoofhuis en is ten volle toegerus vir 'n selfsorgwegbreek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word vir gaste se gerief voorsien.
Daar is 'n groot oopplan-kombuis wat toegerus is met alles wat gaste sal nodig kry vir selfsorgverblyf, sowel as 'n ruim leefkamer met 'n kaggel, en gratis WiFi vir gaste om te gebruik. Die eenheid het ook binnebraaigeriewe.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die gastehuis is op 'n 21 hektaar-kleinhoewe wat oor Buyskop strek en lieflike uitsigte bied. Die eienaars boer met boerbokke en bosbokke, en gaste is welkom om die plaaslewe te kom ervaar. Gaste kan op die plaas gaan stap en die lieflike fauna en flora van die omgewing verken. Daar is ook 'n groot tuin vir kinders om in te speel.
Rotsvy Gastehuis is 1 km van die ATKV Klein Kariba-oord, 8 km van Forever Resort Aventura en 20 km van Modimolle af.
Slaapplek
'n Bespreking by Rotsvy Gastehuis sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Badkamer
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Rotsvy Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |