Round Here Self-catering Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Round Here Self-catering Guest House is op 'n koppie sowat 1 km buite Sabie geleë en het slaapplek vir 13 gaste.

Dié verblyf bestaan uit die hoofhuis en 'n tweede huis wat verdeel word deur 'n onderdakstoep en 'n grasperk. Die hoofhuis het 3 slaapkamers waarvan 2 en suite is. Daar is ook 'n kombuis en leefarea. Die tweede huis het 2 en suite-slaapkamers. Die 1 slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens, 'n tweede kombuis en 'n tweede leefarea.

Die kamers het koningingrootte-beddens of enkelbeddens en daar in 'n enkelslaapbank in die leefarea. Die badkamers het stort of baddens en sommiges het beide.

Die kombuise is met gasstowe, elektriese stowe, yskaste, mikrogolwe en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan etes in die eetareas geniet. Die huise het nie TV's nie maar onbeperkte Wifi en die selfoonopvangs is goed.

Die huis lei na 'n dek wat oor die omgewing en die swembad uitkyk. Die swembad word via trappe bereik en het nie 'n heining om of 'n net oor nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Die eiendom is omhein en die huis is aan gewapende reaksie gekoppel. 'n Kragopwekker is beskikbaar indien nodig. Neem asb. kennis dat daar 'n grondpad van 500 m na die verblyf lei en dit kan in 'n swak toestand wees na die reën. Gaste kan die pad met 'n gewone motor ry, maar 'n bakkie of luikrugvoertuig moet verkieslik gebruik word.

Round Here Self-catering Guest House is 10 km vanaf Lone Creek Falls, 10,5 km vanaf Mac Mac Pools en 11 km vanaf Mac Mac-valle. Sabie bied verskeie restaurante, koffiewinkels en ander besienswaardighede. Doendinge sluit die Bosbou Museum, voetslaan-, stap- en fietsryroetes in.

Slaapplek

'n Bespreking by Round Here Self-catering Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Round Here Self-catering Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 400 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za