Faerie Glen Akkommodasie by Roux's Res | LekkeSlaap
+16

Roux's Res

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skukuza-straat 580, Faerie Glen, Pretoria, 0043, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Roux's Res is 'n bekoorlike B&B in Faerie Glen, Pretoria. Dié onderneming is lekker naby winkelsentrums, restaurante en hospitale.

Ons het slaapplek vir maksimum 2 gaste in die hoofeenheid op die eienaar se perseel. Die eenheid het 'n privaat ingang en word bereik via trappe. Daar is 2 driekwartbeddens wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed in die hoofeenheid, en die en suite-badkamer het 'n stort.

Daar is ook 'n addisionele slaapkamer met eie badkamer. Hierdie kamer het 'n dubbelbed en slaapplek vir 2 persone, en deel geriewe met die hoofeenheid. Die slaapkamer kan slegs as 'n addisionele slaapkamer saam met die hoofeenheid bespreek word.

Die hoofeenheid is toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, kluis, en werkstasie. Daar is 'n TV met DStv in die sitkamer. Dié kamer lei na 'n privaat balkon. Die WiFi is gratis en daar is parkeerplek op die perseel. Ons voorsien ook 'n ligte kontinentale ontbyt vanaf 07:00 (ingesluit in tarief). Daar is geen kookgeriewe beskikbaar in die eenheid nie en kosvoorbereiding sal nie toegelaat word nie. Daar is wel verskeie restaurante en wegneem-eetplekke 1 km van ons af.

Besienswaardighede in die omgewing: Faerie Glen Natuurreservaat, Menlyn Park Winkelsentrum, Bester Dieretuin en Voëlpark, sberg) Pretoria Nasionale Botaniese Tuin, die gimnasium, Time Square's Sun Arena en die Pretoria Buiteklub. Die N4 (na Kruger Park) en die N1 (na Johannesburg) is maklik bereikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 15 resensies vir Roux's Res
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Skukuza-straat 580, Faerie Glen, Pretoria, 0043, Gauteng
  • Gaste dink Roux's Res het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skukuza-straat 580, Faerie Glen, Pretoria, 0043, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAwZGJhMzY5LTQ5OGUtNGE3Ni1iNTUyLTEyYjcwNDgyNDYxOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 580 Skukuza Street Faerie Glen 0043 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.796447 28.326386
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za