Royal Kruger Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Royal Kruger Lodge is 'n privaat wildlodge wat bekend is vir uitstaande, persoonlike diens en 'n intieme atmosfeer. Die lodge is geleë op Mpumalanga se ongetemde grens, net anderkant die Krokodilrivier wat dien as een van die Krugerwildtuin se grense. Die lodge is net 45 minute van die Kruger Mpumalanga Lughawe af en 5 ure se ry op 'n pragtige pad vanaf Johannesburg.

Ons het 10 luukse kamers met en suite-badkamers, lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt word bedien in die lapa en aandete in die boma onder 'n helder sterrehemel. Gaste kan lekker afkoel in die swembad na 'n opwindende dag in die buitelug.

Wild is volop in hierdie omgewing: meer as 60 soogdierspesies, meer as 500 voëlspesies en baie reptiele. Die wild loop vry rond rondom die lodge en kan besigtig word in hul natuurlike habitat.

Verlustig jouself in die ontsagwekkende wyse waarop die son ondergaan en opkom in die bosveld, voel hoe die rustigheid van hierdie omgewing jou omvou en ontspan heerlik. Hier is ook heelwat doendinge en die wildritte is uit die boonste rakke. Ons personeel bied persoonlike aandag en uitmuntende diens.

Sluit gerus by ons gelisensieerde gidse aan in ons oop safari-voertuie vir voldagtoere, halfdagtoere en nagritte in die Krugerwildtuin. Skemerkelkieritte waartydens ons stop langs die Krokodilrivier sodat besoekers die kalmte van die bosveld kan beleef, is ook uiters gewild. Nog aktiwiteite: Panorama-toere, vroegoggend-wandelinge in die bosveld, ontmoetings met olifante, tiervisvang, gholf, en kulturele toere na Swaziland.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Royal Kruger Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za