Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Royal Kruger Lodge and Spa

Lodge
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruis 1224, Marlothpark, Mpumalanga, 1340, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Royal Kruger Lodge and Spa is 'n privaat wildlodge wat bekend is vir uitstaande, persoonlike diens en 'n intieme atmosfeer. Die lodge is geleë op Mpumalanga se ongetemde grens, net anderkant die Krokodilrivier wat dien as een van die Krugerwildtuin se grense. Die lodge is net 45 minute van die Kruger Mpumalanga Lughawe af en 5 ure se ry op 'n pragtige pad vanaf Johannesburg.

Daar is 10 luukse kamers met en suite-badkamers, lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt word bedien in die lapa en aandete in die boma onder 'n helder sterrehemel. Gaste kan lekker afkoel in die swembad na 'n opwindende dag in die buitelug. Daar is nie kookgeriewe nie.

Wild is volop in hierdie omgewing: meer as 60 soogdierspesies, meer as 500 voëlspesies en baie reptiele. Die wild loop vry rond rondom die lodge en kan besigtig word in hul natuurlike habitat.

Verlustig jouself in die ontsagwekkende wyse waarop die son ondergaan en opkom in die bosveld, voel hoe die rustigheid van hierdie omgewing jou omvou en ontspan heerlik. Hier is ook heelwat doendinge en die wildritte is uit die boonste rakke. Personeel bied persoonlike aandag en uitmuntende diens.

Sluit gerus by die gelisensieerde gidse aan in 'n oop safari-voertuie vir voldagtoere, halfdagtoere en nagritte in die Krugerwildtuin. Skemerkelkieritte waartydens ons stop langs die Krokodilrivier sodat besoekers die kalmte van die bosveld kan beleef, is ook uiters gewild. Nog aktiwiteite: Panorama-toere, vroegoggend-wandelinge in die bosveld, ontmoetings met olifante, tiervisvang, gholf, en kulturele toere na Swaziland.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Royal Kruger Lodge and Spa
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

JJ Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Jaar gelys 13

Ligging

  • Volstruis 1224, Marlothpark, Mpumalanga, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Royal Kruger Lodge and Spa het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Volstruis 1224, Marlothpark, Mpumalanga, 1340, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa27e646d3c71315d27a1161da35d91f8bad2468fc5d3d99ee56840d995cc9cd78a314f41162f98a284d9581c9d6010336987?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 1224 Volstruis Marloth Park 1340 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-18:00 10:00 -25.35791 31.765575
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem