Royal Windsor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Royal Windsor is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die perseel is ideaal geleë net 5 minute se ry vanaf die strand, Hibiscus Mall en ander besienswaardighede.

Dié ten volle gemeubileerde woonstel is op die tweede vloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die 1 slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 'n dubbelbed. Die 1 badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad. Die goed toegeruste kombuis beskik oor die nodige toebehore om maaltye te kook, sowel as 'n wasmasjien om wasgoed te was.

Die oopplan-sitkamer en hoofslaapkamer het 'n TV met volledige DStv. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike braai-area en veilige parkeerplek vir motors. Royal Windsor is ook naby verskeie restaurante wat teen die see geleë is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Royal Windsor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za