LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Royston Hall Guest House | LekkeSlaap
+36

Royston Hall Guest House

12 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Royston Hall is 'n statige ou Victoriaanse Herehuis met 'n Superieure Gradering van die AA Toerismegraderingsraad en dis gelys as 'n huis van met historiese belang deur die Geskiedkundige Raad.

Die huis is weggesteek in sy eie klein natuurreservaat en dit kyk uit oor die Umzimkulu-riviermonding met die Indiese Oseaan in die verte.

Royston Hall beskik oor 'n ryk geskiedenis en het baie stories om te vertel. Die eiendom is rustig en stil, los die kinders by die huis en kom skop jou skoene uit. Daar is net 5 dubbelkamers, elk met sy eie privaat bad- of stortkamer, luuks ingerig in Victoriaanse styl met koperbeddens en 'n hemelbed. Die 120 jaar oue Oregon-houtvloere, kosynlyse en panele straal 'n warm kleur soos heuning uit en komplementeer die 4,2 m hoë plafonne in die meeste van die kamers.

Die stilte word slegs onderbreek deur die visarend se kenmerkende geroep. Ons tel 207 soorte voëls op ons voëllys. Met 'n bietjie verbeelding voel dit of jy jou in 'n reuse voëlhok sonder heinings bevind. Voëlkykgroepe is welkom; doen gerus navraag oor spesiale tariewe.

Die groot swembad kyk af oor die krans oor die diep inheemse woude ver onder in die vallei en die Victoriaanse stoep word ingespan as eetkamer in goeie weer - so nie bedien ons voortreflike ontbyt in die formele eetkamer of biblioteek. Daar is WiFi om van gebruik te maak, sowel as DStv en ander geriewe. Die sitkamer is ideaal om met 'n lekker boek in stilte op te krul of 'n geselsie aan te knoop. Daar is ook 'n leefarea op die tweede verdieping met 'n Afrika-tema.

Die gastehuis is een uur se ry suid op die N2 van Durban af geleë en 2,3 km van die Umtentweni-swemstrand af (padlangs). Royston Hall is naby aan alle geriewe en 9 wêreldklas-gholfbane geleë. Kom bly by ons as 'n vierbal-gholfspan met julle vrouens. Kom bring jou wittebrood of spesiale geleentheid by ons deur. Of kom span hier uit tydens 'n besigheidsreis. Ons ontbyt is top-gehalte.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 12 resensies vir Royston Hall Guest House
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Royston Hall Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ4MmIxNWJlLWY4ZDMtNDY5Ny1hODZiLTlkMWNlMGUxOTc5Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Royston Hall Lot 949 Royston Lane 4235 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.712556 30.447431
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!