LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rulanda Lodge | LekkeSlaap
+32

Rulanda Lodge

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ramsey-laan 13, Paradise Beach, 6300, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rulanda Lodge bied 2 selfsorgverblyfopsies op die eienaar se perseel in Paradise Beach, 'n kusoord in die Oos-Kaap. Dis sowat 93 km vanaf Port Elizabeth en 7 km vanaf Jeffreysbaai geleë.

Dié Tuinwoonstel is 'n oopplan-woonstel wat slaapplek vir 2 gaste het en oor 'n koningingrootte-bed, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea beskik. In die badkamer is daar 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. In die eetarea is daar sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met volledige DStv.

Die Hoof-houthuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n leefarea. Die badkamers het elkeen 'n bad, stort, toilet en wasbak. Let asb. daarop dat die bad se krane weens waterbeperkings toegedraai is en nie gebruik kan word nie.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. In die eetarea is daar sitplek vir 6 gaste, en op die dek is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. In die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met volledige DStv.

Die eenheid het 'n groot omheinde dek met patio-meubels en 'n gasbraai. Parkeerplek is agter 'n motorhek beskikbaar.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat en WiFi is nie beskikbaar nie. Gaste moet ook asseblief hul eie strandhanddoeke saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Rulanda Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Ramsey-laan 13, Paradise Beach, 6300, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rulanda Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ramsey-laan 13, Paradise Beach, 6300, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADor2nRwXxW370z2XnIjMM9SsejGRUdmnpSZu66yFdhGxDcTrZT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 13 Ramsay Avenue Paradise Beach 6300 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.108538 24.884519
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!