LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rus en Vrede Konferensie Sentrum | LekkeSlaap
+7

Rus en Vrede Konferensie Sentrum

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R334, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Tydelik onbeskikbaar

Beskrywing

Rus en Vrede Konferensie Sentrum is op 'n kleinhoewe, net 10 km buite Uitenhage op die R334 geleë.

Die sentrum is skoon en netjies met basiese geriewe. Dit bied goeie waarde vir geld en is veral geskik vir kerk-, skool- en gemeenskapsgroepe wat die fasiliteit wil gebruik vir onderrig, leierskap- en vaardigheidsontwikkeling.

Die fasiliteit akkommodeer groepe tussen 30 (minimum) en 100 (maksimum) mense. Die fasiliteit het nie enkelkamers nie. Daar is dus nie slaapplek vir persone wat alleen reis of groepe met minder as 30 mense nie. Al die slaapsale is ingerig met stapelbeddens. Groepe moet hul eie beddegoed voorsien. Die fasiliteit het nie enkelkamers nie.

Rus en Vrede het 'n afsonderlike saal wat as kerkie gebruik kan word vir oordenkings en eredienste. Dit het 'n goed toegerusde kombuis met yskas, vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, eetware, eetgerei en potte en panne wat by die prys ingesluit is. Aangrensend tot die kombuis is 'n eetsaal met eettafels en banke. Die stoep vloei uit die eetsaal en bied 'n braaifailiteit. Die fasiliteit is selfversorgend en gaste voorsien en berei hul eie maaltye voor.

Ablusieblokke vir mans en vroue bied storte, wasbakke en toilette. Gaste bring hul eie toiletware en toiletpapier.

Vir ontspanning kan gaste op 'n kort staptog gaan of gebruik maak van die bordspeletjies wat op aanvraag beskikbaar is teen die addisionele koste van R200. Daar is ook voldoende ruimte buite vir buitemuurse aktiwiteite.

'n Kragopwekker is beskikbaar tydens beurtkrag en die sentrum het 'n elektriese heining.

By Rus en Vrede Konferensie Sentrum sal gaste kalmte en eenheid met die natuur en met God ervaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Rus en Vrede Konferensie Sentrum sluit in:

Slaapsaalbed
Slaapkamer
Plek vir 7 persone
7 xSlaapsaalbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Witborde
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.1 uit 5van 2 resensies vir Rus en Vrede Konferensie Sentrum
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Langs die R334, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 100 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R334, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBkYzVlMDcwLWJlODQtNDUwZC1hYzk3LTI4ZmQ5MzkyZWRlNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
2 5 1 4 Off the R334 Uitenhage 6229 Oos-Kaap 086 999 0018 16:00-18:00 10:00 -33.836515456428 25.330400880284
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem