Rus 'n Bietjie
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Van der Stel Straat, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Lambertsbaai is bekend vir sy Weskus-blommeprag gedurende die lente, vanaf Julie tot September. Die pragtige skilderagtige sonsondergang oor die see bring 'n rustigheid soos min.
RUS 'n BIETJIE is 'n gemaklike selfsorg-gesinshuis wat volledig toegerus is. Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 1 met dubbelbed, 1 met 2 enkelbeddens en die derde kamer met 'n driekwartbed. Die huis is toegerus met yskas, stoof, mikrogolf, eetgerei, breekware en wasmasjien. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n televisie met vol DStv beskikbaar asook 'n binne- en buite-braai.
Slaapgeriewe is vir maksimum 5 persone.
Buitelug-aktiwiteite sluit in: voëlkyk, visvang, stap, perdry, blommekyk, swem en golf. Lambertsbaai beskik ook oor heerlike seekosrestuarante asook 2 buitelug restaurante.
As jy wil vlug van die besige stadslewe is RUS 'n BIETJIE in Lambertsbaai net die antwoord.
Slaapplek
’n Bespreking by Rus 'n Bietjie sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- 14 Van der Stel Straat, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Van der Stel Straat, Lambert's Bay, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom