Rustic Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rustic Cottage is in Utopia Nature Estate in die Buffelspoortvallei geleë, sowat 100 km vanaf Pretoria en 110 km vanaf Randburg.

Dié grasdakhuis bied verblyf in 3 slaapkamers met 3 badkamers. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping en het lieflike uitsigte oor die vallei. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n eetkamer, sitkamer en kombuis. Die derde badkamer grens aan die leefarea en beskik oor 'n bad. Die kombuis beskik oor 'n gasstoof, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Die eenheid het 'n stoep wat deur 2 buitedeure verbind word en 'n braaiplek in die middel het.

Gaste kan gerus gebruik maak van al die speletjies wat in die eenheid beskikbaar is, asook die tennis- en pluimbaltoerusting.

Alle beddegoed en linne word voorsien. Gaste moet hul eie vuurmaakhout en swemhanddoeke saambring. Die warm water word deur 'n gas-geiser voorsien. Die ligte werk met sonkrag.

Ander geriewe by Utopia Nature Estate sluit tennisbane, voetslaanroetes, bergfietsryroetes, 'n minigholfbaan, en 3 swembaddens in. Daar is ook 'n restaurant op die perseel. Die estate het 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer by die hek.

Slaapplek

'n Bespreking by Rustic Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustic Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 570 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za