Rustig in die Bosveld - Snuifpeul

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Rustig in die Bosveld - Snuifpeul is 'n ruim selfsorghuis vir 10 gaste in Leeupoort Vakansiedorp.

Dié dubbelverdiepinghuis is omring deur bosveld en beskik oor 4 slaapkamers wat 2 badkamers deel. Daar is 2 solderkamers bo. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede kamer het 3 enkelbeddens. Albei kamers het plafonwaaiers. Beddegoed word voorsien.

Op die grond vloer het die een slaapkamer 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer 'n koningingrootte-bed. Albei kamers het 'n plafonwaaier. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis het 'n stoof, mikrogolfoond, yskas en 'n ketel. Let asb. daarop dat die huis nie 'n TV het nie.

Die eerste verdieping bied toegang tot 'n ruim dek wat uitkyk oor die omgewing. Die onderste verdieping lei na 'n privaat braai-area en 'n boma. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Leeupoort Vakansiedorp bied gaste die geleentheid om wild te sien wat rond wandel en doendinge te geniet, soos voëlkyk, fietsry, draf of stap om die dorp te verken. Die dorp het ook 'n gemeenskaplike swembad, drankwinkel en 'n restaurant. Daar is ook n Park Run elke Saterdagoggend.

Slaapplek

'n Bespreking by Rustig in die Bosveld - Snuifpeul sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustig In Die Bosveld - Snuifpeul gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R600 per nag (plek vir 10)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 28 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]