Rustpunt

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rustpunt is in die buitewyke van die Karoo-dorp, Nieu-Bethesda, aan die voet van die Compassberg geleë. Dié eiendom is net 450 m vanaf die hoofpad met verskeie winkels en galerye. Verblyf word in 'n selfsorgkothuis en 'n en suite-dubbelkamer gebied.

Die selfsorgkothuis beskik oor 'n slaaparea, en suite-badkamer en 'n kombuis. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n verwarmer en 'n elektriese kombers. Die kothuis lei na 'n lieflike patio-area en het 'n buite-etenstafelstel en braaigeriewe. 'n Braairooster word voorsien.

Die dubbelkamer is deel van die hoofhuis met sy eie privaat ingang. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamer lei na 'n patio met stoepmeubels.

Nieu-Bethesda is naby Graaff-Reinet, Cradock en die Mountain Zebra Nasionale Park.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustpunt gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za