Ruthers Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ruthers Place is in Astonbaai geleë, net 10 minute se ry vanaf die branderplankry-paradys, Jeffreysbaai. Ons is ideaal geleë net 'n paar minute van die strand en Astonbaai se strandmeer af.

Daar is 3 gastekamers: 2 van die kamers het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n dubbelbed en stapelbed wat geskik is vir kinders. Al 3 kamers het en suite-badkamers. Koffie- en teemaakgeriewe en beskuit word in al die kamers voorsien. Daar is braaigeriewe vir diegene wat graag buite wil kuier en die vars lug van Astonbaai wil geniet.

Jennie's Place is 'n lieflike koffiewinkel in 'n klein winkelsentrum wat lekker nabygeleë is. Gaste kan 'n heerlike ontbyt, 'n snytjie koek en 'n koppie tee of koffie hier kom geniet. Daar is ook 'n drankwinkel en 'n klein geriefswinkel in die sentrum. Daar is 2 restaurante teen Astonbaai se strand en sandplankry en perdry is op die strand beskikbaar vir die avontuurlustiges.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ruthers Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za