LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by S and M Beachhouse | LekkeSlaap
+20

S and M Beachhouse

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Barracoude-laan 1101, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 R2 520 per nag(plek vir 8)

Beskrywing

S and M Beachhouse is 'n selfsorg-dubbelverdiepinghuis in die rustige dorpie Leisure Bay aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die huis is naby strande, koffiewinkels, restaurante en die Wild Coast Sun geleë. Die huis bied al die elemente vir 'n ontspannende en gerieflike vakansie.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die kombuis, eetarea en leefarea is bo. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en toonbank met stoele toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Skuifdeure lei na 'n groot stoep wat gedeeltelik onderdak is met stoepmeubels en 'n ingeboude braai. Die stoep bied ook 'n lieflike uitsig oor die see.

Daar is slaapkamers en badkamers op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Twee van die slaapkamers lei na die swembadarea.

Die swembadarea het sonstoele waar gaste kan ontspan en 'n skemerkelkie geniet terwyl die branders in die agtergrond breek. Die huis is troeteldiervriendelik vir klein honde indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by S and M Beachhouse sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Barracoude-laan 1101, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
R2 800 R2 520
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 800
R2 800 R2 520
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Barracoude-laan 1101, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28c9282cca10cea3a23e73f973114851e7da25ba840a0dec7df183420326b40f714393f8e424fa1205441e7842c6a1beb0ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 800, nou Vanaf R2 520  per nag(plek vir 8) 1101 Barracouda Avenue Leisure Bay 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -31.0163068 30.2486856
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!