Saba Airport Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saba Airport Lodge is jou eerste smakie van Afrika. Die warm en verwelkomende atmosfeer is ideaal vir 'n opwindende en fassinerende toer van ons mooi land. Dit beloof om fantasties te wees en verblyf by Saba Lodge is ideaal om toegang tot die besienswaardighede en bestemmings te kry.

Ons gaste-lodge is in 'n parkagtige omgewing in die hartjie van Benoni in Johannesburg geleë. Dis 15 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en daaglikse pendeldienste na die lughawe is gratis beskikbaar.

Saba Lodge is ingerig vir internasionale reisigers en dis die poort na talle ikoniese besienswaardighede in Johannesburg en Pretoria en safaritoere na die Krugerwildtuin en Pilanesberg Wildreservaat. Dit kan deur die eienaar se toermaatskappy bespreek word.

Saba Lodge is 'n gewilde en bekostigbare verblyfopsie in Johannesburg vir sakereisigers en daar is onbeperkte WiFi en moderne geriewe vir vergaderings en privaat funksies.

Geniet idilliese verblyf in 'n pragtige tuin ver van die stad se geraas. Saba Lodge is opgeknap in 'n lieflike safaristyl met moderne en stylvolle afwerkings.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saba Airport Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za