LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sabie Gypsy's Backpackers | LekkeSlaap
+127

Sabie Gypsy's Backpackers

4 resensies
Rugsakreisigerslosies
Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Lydenburgweg 173, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R460 R299 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sabie Gypsy's Backpackers is 'n bekoorlike rugsakreisigerlosies in Sabie, slegs 2 minute vanaf Sabiewaterval. Sabie, wat in die voorheuwels van die Drakensberge skuil, is omring deur eindelose riviere en versteekte grotte. Dit is op die Panoramaroete en net 40 minute se ry van die Krugerwildtuin af.

Die verblyf beskik oor 'n en suite-kamer, 'n gesinsuite met sy eie kombuis en badkamer, 'n privaat houthuis met 'n enkelbed, 2 privaat houthuise met 2 enkelbeddens elk, 'n dubbelkamer en 'n slaapsaal met 4 beddens wat per bed bespreek word en met ander gaste gedeel word. Die houthuise, dubbelkamer en slaapsaal maak elkeen van gedeelde badkamergeriewe gebruik.

Daar is 'n dammetjie op die perseel wat ideaal is vir pieknieks waar gaste die uitsig kan geniet en kan voëlkyk. Ander geriewe sluit in gratis WiFi, ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis, 'n braai-area, vermaakarea, 'n gaste-sitkamer met 'n DVD-speler. Daar is ook 'n plonspoel in seisoentyd, 'n pooltafel en 'n sokkertafel. Gratis parkeerplek word gebied. Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word.

Doendinge in die omgewing sluit voetslaanroetes, plaaslike toere, besoeke aan die Krugerwildtuin, toboggan-ry, 4x4-roetes, gholf, fietsry, bergfietsry, reksprong, en vele meer in. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Bruidsluierwaterval, die Mac-Macwaterval, die Blyderivierpoort en die Long Tom-pas in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.3 uit 5van 4 resensies vir Sabie Gypsy's Backpackers
Netheid
2.8/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.3/5
Waarde vir geld
2.8/5

Ligging

  • Ou Lydenburgweg 173, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Sabie Gypsy's Backpackers het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R460
Vanaf R299
per nag (plek vir 2)
was R460
Vanaf R299
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Lydenburgweg 173, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIyMsypRVcXJ5SgENRRJxx7ifXKDbyR0sTwesXUWJU0q3NJVDSw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R460, nou Vanaf R299  per nag (plek vir 2) 4 5 1 4 173 ou Lydenburg Road Sabie 1260 Mpumalanga 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -25.09574188571 30.76879964418
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!