Sabuti HL16

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sabuti HL16 is 'n selfsorghuis in die Simbithi Eko-landgoed in Ballito. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede aan die Noordkus.

Hierdie huis is smaakvol versier en beskik oor 3 slaapkamers en 2½ badkamers. Die kamers is elk ingerig met of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met 'n stort, bad, wasbak en toilet in die badkamers. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetkamertafel het sitplek vir 8 gaste. Daar is ook gemaklike rusbanke en 'n TV in die sitkamer waar gaste lekker kan ontspan. Skuifdeure lei na 'n onderdak patio met buitemeubels, 'n Jacuzzi en braaigeriewe.

Daar is onderdakparkeerplek vir 2 voertuie beskikbaar en 'n addisionele parkeerplek vir nog 'n motor voor. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad waarin gaste kan afkoel gedurende luilekker somersdae.

Sabuti HL16 is net ’n rit van die strand, winkels, restaurante en ander geriewe in die omgewing af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sabuti HL16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 995 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za