Safari Park

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 5 Okt 2019 tot 14 Nov 2019.

Beskrywing

Safari Park is langs die N1, net 25 km van Colesberg af in Hanover se rigting geleë. Colesberg is bekend vir sy uitstekende resiesperde en stoetplase insluitend dié een wat deur die bekende gholfspeler, Gary Player, besit word. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na verblyf ver van die stadslewe.

Verblyf is beskikbaar in 2 kothuisie, 2 chalets, 1 kliphut en 2 tenthuise wat slaapplek aan altesaam 28 gaste bied. Al die eenheid is ingerig vir selfsorgverblyf en bied gemaklike bedsamestellings, badkamergeriewe en 'n privaat ingang.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad en 'n braai-area in en ons is troeteldiervriendelike. Konferensiegeriewe is ook beskikbaar, maar doen asb. navraag hieroor.

Let asb. dat 'n motor met 'n hoë grondvryhoogte benodig word aangesien die paaie na die Klipkothuis en tenthuise baie klipperig is. Die ander eenhede kan met enige voertuig bereik word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Safari Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 5 Okt 2019 tot 14 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za