Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Salty Sandals

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rafnia-singel 4, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 750 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Salty Sandals bied selfsorgverblyf in ’n dubbelverdiepinghuis aan die pragtige Weskus. Dié luukse huis is naby die ongerepte strand geleë waar gaste kan stap, sonbaai of visvang. Dit is ook naby bekende Weskus-restaurante en spog met ’n asemrowende uitsig vanuit elke kamer.

Salty Sandals bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het, 2 sitareas, ’n kombuis, 'n opwasarea en 'n eetarea. Die eerste slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Die tweede slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Die derde slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die vierde slaapkamer het 4 enkelbeddens wat op versoek saamgevoeg kan word en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Elke slaapkamer het plafonwaaiers en linne en basiese toiletware word voorsien.

Die eerste sitarea is op die boonste verdieping en het ’n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Dié verdieping het ook ’n kombuisie met ’n wasbak en ’n ketel, en dit lei na ’n balkon met buitemeubels. Die tweede sitarea, die kombuis en die eetarea is op die onderste verdieping.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, dubbeldeuryskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, ketel, broodrooster, toonbank met stoeltjies en ’n opwasarea met ’n skottelgoedwasser toegerus. ’n Wasmasjien en ’n tuimeldroër is ook beskikbaar. Die tweede sitarea het ’n platskerm-TV met die volle DStv-pakket en ’n plafonwaaier. Die eetarea het ’n etenstafel en ’n ingeboude braai. Gratis braaihout word vir die eerste braai voorsien.

Die leefarea het stapeldeure wat na 'n balkon met buitemeubels lei. Die huis bied toegang tot die strand wat net ’n paar meter ver is. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n omsetter op die perseel, sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Salty Sandals sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 24 resensies vir Salty Sandals
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Rafnia-singel 4, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Salty Sandals het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 750
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R4 750
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rafnia-singel 4, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa95989c06adcebf212af195e7a635718a97e79cd59eb102606fb73a9d32a7d651808feebce0148d0d0e03c4e0328cdf0b96e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 750 per nag, vir 10 mense 24 5 1 5 4 Rafnia Crescent Britannia Bay 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.718310309804 17.93745842576