Sam's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Sam's Place is in Dan Pienaar, Bloemfontein, en is ideaal vir gaste wat op soek is na verblyf naby verskeie besienswaardighede. Die area is veilig en privaat en ideaal vir gaste wat vir familie kom kuier en/of sportbyeenkomste bywoon.

Verblyf is beskikbaar in 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se woonerf. Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n klein sitarea, 'n badkamer en 'n kombuis. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Daar is elektriese komberse op die beddens.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n eenplaatstoof, elektriese pizza-oond, broodrooster, 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. 'n Komplimentêre ontbyt word voorsien wat 2 tipes graankos, melk, koffie, suiker, heuning, konfyt, botter, muesli, en jogurt insluit. 'n Engelse ontbyt is op versoek beskikbaar teen 'n ekstra koste. 'n Wasgoeddiens kan ook teen 'n ekstra koste voorsien word.

Die slaapkamer het 'n klein sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale sowel as 'n studeertafel. Gratis WiFi word voorsien. 'n Skoonmaakdiens word daagliks voorsien. Daar is ook 'n strykplank, stoomstrykyster.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir een motor met kringtelevisie.

Die eiendom is binne 'n radium van 5 km vanaf Grey College, Eunice, St. Andrews, St. Micheal's, Orange Meisieskool, Hoërskool Sentraal, Mimosa Mall, Loch Logan Waterfront en Preller Square.

Troeteldiere is welkom soos vooraf gereel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sam's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 R383 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za