Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 3005

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 66

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 2 resensies vir San Lameer Villa 3005
Netheid
3.5/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5
Carina M - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carina M
Gesin met tieners

Voel dadelik tuis in hierdie pragtige villa in San Lameer.

Behalwe dat dit amper heeltyd gereën het, was ons verblyf heerlik. Die uitleg van die huis het perfek gewerk met die kamers op verskillende vlakke, wat my ouers bietjie uit die pad kon sit van die tieners wat op die laagste vlak gebly het. Die huis is baie goed toegerus en dit was net 'n plesier. Dit was my eerste keer by San Lameer en ek het alles wat hulle bied soveel geniet. Mens hoef rêrig amper nêrens heen te ry terwyl jy daar bly nie. Ons huis is elke dag gediens en alles was blinkskoon. Almal met wie ek te doen gekry het was so vriendelik en behulpsaam. Een of twee aanbevelings: Ek het gevra oor loadshedding, of daar enige iets is wat kan help daarmee en die terugvoer van julle af was dat daar niks is nie. So, daar is 'n gasstofie waarop mens kan kook (ons het toe verniet ons s'n saamgery) en hulle het ook een batterylig in die kas, wat dalk kan help vir die toekoms as iemand vra. Die twee yskaste het vreeslik baie gehelp, maar die vriesspasie was nogals min vir die grootte van die huis, veral as 'n mens baie vleis en gevriesde goed saamry van die huis af. Omdat dit 'n besige seisoen is, was al die gholfkarretjies reeds uitverhuur toe ons daar aankom, so miskien kan julle net 'n aanbeveling doen dat mense dit voor die tyd bespreek in hoogseisoen? Die een slaapkamer met die twee enkelbeddens het 'n spieëlkassie, maar geen stoel nie. Dit was nogals moeilik om elke keer te moes hurk om by die spieël uit te kom. En daar is ook net een kragprop wat baie ver is van die spieël. Beide kamers met die twee enkelbeddens het elk net een bedliggie om te deel tussen twee beddens. Nog 'n liggie sou handig wees. Wifi sou nice gewees het. Nog 'n ding, die beskrywing kon dalk insluit dat die huis op vlakke is, mens kan dit nie rêrig uit die foto's sien nie. En dan, die hoofslaapkamer met die bad en stort, het net 'n dubbelbed, nie 'n king-size soos op die website aangedui nie. Die ligging op die kaart is ook heeltemal verkeerd. Die eenheid is baie nader geleë aan die strand as aangedui op die kaart. Julle het 3007 se ligging reg, 3005 is net langsaan. Ek gee net die terugvoer omdat dit dalk kan help. Maar ek is 10/10 tevrede gewees met ons villa.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anonieme gas - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 3005, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6466893b07e7a0df907cd450c9d7f6565ea243a5d33d5b960275ace24668f6035806d1bb0450ee77a1189264f9ea85affb01?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 3005 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.945897469099 30.298956953994
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem