San Lameer Villa 2012

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

As jy op soek is na die perfekte wegbreekplek vir die vakansie dan is San Lameer die plek om te wees. Dié rustige en veilige omgewing bied iets vir alle ouderdomsgroepe en is een van die mees gesogte gholf-landgoedere aan die Suidkus van KwaZulu-Natal.

Ons bied 'n luukse selfsorg-villa met twee slaapkamers wat slaapplek vir 4 gaste het. Die villa is op die eerste verdieping geleë en uitsigte oor die tuin bied. Daar is ook 'n patio met braaigeriewe. Die kombuis, eetkamer en sitkamer-area is oopplan en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer, met volledige DStv. Die kombuis het 'n stoof, yskas/vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër, breekware en eetgerei.

Die eenheid is stapafstand van die Hotel en Spa, die 18-putjie-kampioengholfbaan, asook die 9-putjie-baan, swembaddens, 'n superette, 'n biblioteek, tennisbane, muurbalbane, en die rolbalsetperk. Daar is ook 'n strandmeer waar jy kano's en trapbootjies kan huur. Jy kan ook die bergfietsroetes aandurf.

Die strand het blouvlagstatus, met 'n lewensredder aan diens en daar is klimrame vir die kinders. Daar is 'n verskeidenheid bokke wat vrylik rondloop en 'n groot hoeveelheid voëlsoorte op die landgoed, asook ons eie paar inwonende Kroonarende. Kinders, ouers, drawwers, fietsryers en stappers sal die veilige en skilderagtige, subtropiese omgewing van San Lameer geniet.

Ons sien uit daarna om jou by Villa 2012 te verwelkom!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2012 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za