San Lameer Villa 2016

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

San Lameer is in die dorpie Southbroom aan die Suidkus en die ideale plek vir 'n gesinsvakansie. Die eenheid is binne 'n sekuriteitskompleks en dien as 'n paradys vir gholfspelers.

Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers wat slaapplek vir tot 6 gaste bied. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die oopplan-kombuis het alles wat gaste vir selfsorgverblyf benodig en sluit 'n vierplaatstoof, oond, yskas, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet net hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheerder saambring. Verder is daar is ook 1 draagbare lugversorger, en buite die eenheid is daar 'n draagbare braai en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit en gaste kan gerus wees.

Ons is stapafstand vanaf die San Lameer Hotel en Spa wat doendinge soos muurbal, tennis, rolbal en bergfietsry bied. Die hotel het ook 2 swembaddens, 'n moderne gimnasium, spa, wegneemetes, kroeg, restaurant en 'n 9- en 18 putjie-gholfbaan.

San Lameer is 15 km vanaf Margate, 20 km vanaf die Wild Coast Sun Casino, 15 minute se ry vanaf die Shelly Beach-inkopiesentrum en vele meer.

Troeteldiere is welkom indien vooraf gereël word.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2016 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false