San Lameer Villa 2109

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 2109 is in die San Lameer-landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié subtropiese paradys bied wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies - ideaal vir die hele gesin. Die 200 ha-bewarea beskik oor 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Die villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het lugversorging. Die eerste badkamer beskik oor 'n bad, toilet en wasbak, en in die tweede badkamer is daar 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike patio met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2109 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2109 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 R1 800 per nag (plek vir 4)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false