San Lameer Villa 2201

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

San Lameer 2201 is ’n sonderlinge selfsorg-villa in die veilige San Lameer Landgoed. Die San Lameer Landgoed het ’n wêreldklas-gholfbaan en Blouvlagstrande. Die landgoed bied verskeie doendinge soos rolbal, vyfster-gholf en bergklim. Dis ook ’n voëlkyk- en diereliefhebbersparadys met verskeie staproetes op die landgoed.

Die villa bied slaapplek aan 5 gaste en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer en die ander 2 kamers deel ’n badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met ’n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, mikrogolf, oond en broodrooster. Daar is 2 lugversorgers en plafonwaaiers. Die sitarea het ’n TV met DStv (gesinpakket). Daar is ’n motorhuis en addisionele parkeerplekke vir besoekers. Die villa het ook ’n buitestort en klein stoorkamertjie vir ekstra stoorplek.

Die villa is naby die langoed se swembaddens, tennis- en muurbalbane, die hotel, restaurante, Camelot-spa en die biblioteek. Gaste sal absolute rustigheid hier ervaar.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2201 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2201 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 495 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false