San Lameer, Villa 2305

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

San Lameer, Villa 2305 is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis wat vir selfsorg toegerus is. Dis in die eksklusiewe San Lameer-landgoed en bewarea aan KwaZulu-Natal se kus sowat 1,5 uur se ry van Durban af. Die landgoed spog met 'n uitdagende kampioenskap- en mashie-gholfbaan.

Die villa het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n sitkamer en 'n oopplan TV-kamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is met die nodige toegerus en het ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die TV-kamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n groot stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n veerpyltjiebord. Die stoep bied 'n uitsig oor damme met 'n oorvloed voëllewe.

Die villa is sentraal in die landgoed geleë, net 7 minute se stap vanaf die strand, swembaddens, klubhuis en restaurante.

San Lameer is 'n voortreflike landgoed met geleenthede vir tennis, muurbal, rolbal en kanovaart. Gaste kan gaan stap of draf op die 3 km lange paadjie rondom die gholfbaan. Verder bied die landgoed privaat toegang tot die boothawe en Blouvlagstrand wat kilometers ver strek. Die landgoed se goeie sekuriteit, klubhuis met swembaddens, restaurante, wêreldklas-spa en goed toegeruste gimnasium bied 'n wonderwêreld vir oud en jonk. Dagbesoekers word slegs toegelaat indien dit vooraf met inwoners gereël is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer, Villa 2305 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false