San Lameer Villa 2501

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 2501 is op die San Lameer Landgoed aan die suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Dié subtropiese paradys bied wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies wat dit ideaal vir die hele gesin maak. Die bewarea beslaan 200 hektaar en spog ook met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en 'n kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 pragtige Blouvlagstrande.

Dié villa het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste, en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens. Die 1 badkamer het 'n stort-oor-bad en die ander badkamer het 'n stort. 'n Oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea is ook beskikbaar.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. 'n Wasgoedmasjien en 'n tuimeldroër word gerieflikheidshalwe voorsien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakpatio met stoepmeubels en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2501 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2501 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 R2 186 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false