Sanlameer Akkommodasie by San Lameer Villa 2827 | LekkeSlaap
+14
+14

San Lameer Villa 2827

Selfsorg
  • Vanaf R2 550 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2827, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

San Lameer Villa 2827 is op die San Lameer Landgoed geleë. Dié landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls. Dit bied iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 fantastiese Blouvlagstrande.

Dié villa beskik oor lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort-oor-bad, en die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 7 gaste en in die sitkamer is daar 'n gerieflike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 2827 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2827, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2827, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABzHPguY4QNSbCYWsl0nfipj0XRMfkjh96DOWeVR48h3OYI5JSr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 550  per nag (plek vir 6) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 2827 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -30.9433351 30.2949959
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za