Sanlameer Akkommodasie by San Lameer Villa 2830 | LekkeSlaap
+15
+15

San Lameer Villa 2830

Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2830, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

San Lameer Villa 2830 is in die San Lameer Landgoed teen KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié subtropiese paradys met sy wild, fauna, flora en voëls bied iets vir almal in die gesin. Die landgoed is 'n 200-hektaar bewarea met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, en luukse villas met direkte toegang tot 2 pragtige blouvlagstrande.

Dié villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging en ’n dubbelbed en die tweede kamer het ook lugversorging en 2 enkelbeddens. Albei badkamers het ’n stort-oor-bad, toilet en ’n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsrog met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en ’n DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio met 'n etenstafel en braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 2830 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2830, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2830, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjyXCbIh693ovtQSKMjMbUSlvWA2FSSTXNRioSk7EK1jKYySXup?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 4) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 2830 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -30.943325244605 30.294855517507
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za