LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by San Miguel on St Michaels Beach | LekkeSlaap
+31

San Miguel on St Michaels Beach

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Miguel 7, Hoek van Orange Rock Pad en Marienerylaan, St Michaels on Sea, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R855 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Miguel is in die hartjie van St Michaels-on-Sea, en slegs sowat 300 m vanaf die hoofswemsstrand om die draai. Die dupleks is een van die 7 eenhede in 'n veiligheidskompleks. Dié kompleks is volledig ommuur met addisionele elektriese omheining en 'n hek met afstandbeheer. Die Suidkus is bekend vir son, sandstrande en branderplankry. St Michaels is 'n gewilde vakansiebestemming en dit is ideaal vir gesinne. Daar is 'n strandmeer met kano's en roeibootjies te huur, 'n pragtige strand wat bekend is vir branderplankry en 'n getypoel en swembad.

Hierdie ruim eenheid het 3 stylvol versierde slaapkamers, 2 badkamers en 'n gaste-toilet onder. Verder is daar 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolf, skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien, en 'n lieflike leefarea met 'n eetkamertafel, banke, en 'n TV met DStv (bring asseblief jou eie slimkaart en dekodeerder saam).

'n Privaat patio kyk uit oor die tuin wat 'n eksklusiewe ingeboude braaiplek het. Verder is daar 'n enkel toesluitmotorhuis met 'n ekstra oop parkeerplek beskikbaar.

Daar is ook 'n privaat buitestort waar gaste kan afspoel na 'n strand-uitstappie.

Shelley Centre, 'n baie gewilde winkelsentrum, is sowat 2 km vanaf San Miguel on St Michaels Beach af.

Let daarop dat die eenheid nie 'n see-uitsig het nie. Dit is wel net sowat 300 m se stap van die hoofswemstrand af!

Slaapplek

’n Bespreking by San Miguel on St Michaels Beach sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 19 resensies vir San Miguel on St Michaels Beach
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • San Miguel 7, Hoek van Orange Rock Pad en Marienerylaan, St Michaels on Sea, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink San Miguel on St Michaels Beach het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R855
per nag (plek vir 6)
Vanaf R855
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Miguel 7, Hoek van Orange Rock Pad en Marienerylaan, St Michaels on Sea, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY0Yjg4MjQwLThlYjctNDk3YS1iZTlkLTVjNjVmZDExYTNmMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R855  per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 7 San Miguel Orange Rock Road c/o Marine Drive 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -30.820710889753 30.402475018463
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!