Sand River Conservancy - Sandkop House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sandkop House is in die Sandrivier-bewarea geleë aan die voet van die Bontberge. Dié bewarea is aan die rand van die Tankwa-Karoo en spog met tientalle berggras-soorte en vele vetplantspesies. Die grond is voorheen in die wintermaande as skaapweiding gebruik, maar is vandag deel van 'n bewarea waar die veld gerehabiliteer word en inheemse diere aangemoedig word om nes te skrop.

Verblyf in die selfsorghuis beskik oor 3 slaapkamers wat slaapplek vir 6 gaste bied. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne, handdoeke en vuurmaakhout word voorsien vir die duur van jou verblyf.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefkamer. Die kombuis is toegerus met 'n stoof en 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het 'n eetkamertafel met 8 stoele en 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n TV en DVD-speler.

Gaste kan gerus op die groot stoep sit, lekker braai en die uitsigte geniet. Gaste kan ook in die borrelbad ontspan en na die sterre kyk.

Let asseblief daarop dat gaste grondpaaie sal moet gebruik om Sandkop House te bereik. Wanneer jy by Sandrivier bly, word 'n voertuig met hoë grondvryhoogte voorgestel aangesien die pad nie gepas is vir 'n gewone voertuig nie. Neem asseblief kennis dat jy gevra gaan word om 'n vrywaringsvorm te teken wanneer jy die eiendom vir die eerste keer betree.

Slaapplek

'n Bespreking by Sand River Conservancy - Sandkop House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sand River Conservancy - Sandkop House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 887 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za