LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sand River Conservancy - Wagon House | LekkeSlaap
+15

Sand River Conservancy - Wagon House

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patatsrivierpad, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 117 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Sand River Conservancy is aan die voet van die Bontberge, sowat 230 km vanaf Kaapstad. Dis aan die rand van die Tankwa Karoo met plantegroei wat wisselvan gras tot vetplante. Die land is vroeër as winterweiding vir skape gebruik, maar word tans as 'n bewarea bestuur om die veld te rehabiliteer.

Let daarop dat besprekings wat op die inklokdag gemaak word nie aanvaar word nie.

Wagon House bied basiese verblyf in slaapsale vir 12 gaste. Daar is 'n dubbelbed, 5 stapelbeddens en 2 moderne badkamers waarvan 1 rolstoelvriendelik is. Die kombuisie is vir selfsorg toegerus met 'n gasstoof en 'n yskas-vrieskas. Daar is ook 'n ontbyttoonbank en 'n piekniektafel. Buite is 'n groot braai-area en 'n plonspoel.

Die eenheid het elektriese beligting en 'n internetverbinding. Daar is voldoende elektrisiteit om toestelle soos skootrekenaars en kameras te laai. Beddegoed, handdoeke en vuurmaakhout word voorsien.

Let asb. daarop dat daar grondpaaie op pad na Wagon House is. Gaste wat by Sand River bly benodig 'n hoë voertuig aangesien die pad nie vir 'n gewone sedanvoertuig geskik is nie. Gaste sal gevra word om 'n vrywaringsvorm te teken wanneer hulle die perseel vir die eerste keer betree.

Slaapplek

’n Bespreking by Sand River Conservancy - Wagon House sluit in:

Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer
Plek vir 12 persone
1 xDubbelbed
5 xStapelbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Sand River Conservancy - Wagon House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Patatsrivierpad, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sand River Conservancy - Wagon House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Wes-Kaap
Vanaf R3 117
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R3 117
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Patatsrivierpad, Tankwa Karoo, Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlNGQ3ZmUwLWM2OWEtNDczZC05NDhhLTE1MTkyNzU2M2NhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 117  per nag (vir 12 persone) 1 5 1 5 Patatsrivier Road Tankwa Karoo 6835 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.144217 19.992705
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!