Vishoek Akkommodasie by Sandcastle Apartment | LekkeSlaap
+28

Sandcastle Apartment

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windsor Lodge, , Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sandcastle Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die grondvloer met pragtige uitsigte oor die see in Vishoek. Die woonstel is baie sentraal geleë naby winkels, restaurante, 'n wassery en 'n vervoerdiens. Vishoek se hoofstrand is net oorkant die pad van die woonstel af.

Die woonstel is in 'n netjiese kompleks geleë en bestaan uit 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n sitkamer en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor 'n bad en 'n stort. Die sitkamer bied gedeeltelike see-uitsigte en is toegerus met gerieflike rusbanke, 'n TV met DStv en WiFi. Die kombuis het graniettoonbanke en is toegerus vir selfsorg. Daar is 'n yskas, 'n oond met 'n stoof, 'n ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Gaste het toegang tot 'n toesluitmotorhuis op die perseel.

Vishoek is 'n bekoorlike vissersdorpie en 'n baie gewilde bestemming vir toeriste. Dit is bekend vir die wit swemstrande en warm water. Dit is een van die veiligste strande om by te swem in die Kaap en dis baie gewild onder branderplankryers, seilplankryers, lyfplankryers en kajakvaart-entoesiaste.

Slaapplek

’n Bespreking by Sandcastle Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 7 resensies vir Sandcastle Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Windsor Lodge, , Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sandcastle Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windsor Lodge, , Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4ZjQ1N2ExLWNiZWYtNDNmOS04YzE4LTk1MjIxOTJmNjlkNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 Windsor Lodge Beach Road 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.139722222222 18.431111111111
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za