Umdloti Akkommodasie by Sands Beach Breaks Umdloti | LekkeSlaap
+46

Sands Beach Breaks Umdloti

Winteraanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 390 R1 112 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sands Beach Breaks Umdloti is 'n selfsorgvakansiewoonstel op KwaZulu-Natal se Dolfynkus in die gewilde vakansiedorp, Umdloti. Die woonstel spog met manjifieke uitsigte oor die Indiese Oseaan waar walvisse en dolfyne besigtig kan word.

Die woonstel het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind onder 12 jaar. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Versoek asb. swemhanddoeke indien jy dit sou benodig. Ander geriewe sluit 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n oopplan-eetarea, 'n sitarea met 'n platskerm-TV en vol DStv-kanale, asook onbeperkte WiFi. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer en lugversorging in die leefarea.

Die balkon is perfek vir ontbyt, braai en buitelugetes. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, gimnasium, 'n muurbalbaan, buitevermaakarea en braaigeriewe. Die kompleks is ten volle omhein en het sekuriteitstoegang deur die hoofhek, asook oornagsekuriteit.

Die woonstel is naby restaurante, winkels asook naby die strand en lughawe. Umdloti is 'n rustige kusdorp by die Mdlotiriviermonding noord van Durban. Dit is 'n baie gewilde vakansiebestemming en 'n tuiste vir sowat 3000 permanente inwoners. Dit is bekend vir natuurlike rotspoele wat 'n veilige swemarea skep, dolfyne wat naby die strand swem en walvisse wat in die baai bly tussen Julie en November.

Slaapplek

’n Bespreking by Sands Beach Breaks Umdloti sluit in:

Koninggrootte-bed Kindermatras vir 1
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 32 resensies vir Sands Beach Breaks Umdloti
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sands Beach Breaks Umdloti het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 390
Vanaf R1 112
per nag (plek vir 2)
was R1 390
Vanaf R1 112
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFHDddT9PI1EzOHHbUHDEWC4yaloE9e1UeTIphD7lPg2vOvYoGw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 390, nou Vanaf R1 112  per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 86 Cascades 17 Bellamont Road 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-23:00 09:00 -29.666299016206 31.119512542328
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za