Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sani Valley Lodge

Lodge
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 842 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sani Valley Lodge bied 'n unieke kombinasie van luukshede, natuurskoon en aktiwiteite, en is 'n privaat natuur-lodge ongeveer 2 uur se ry vanaf Durban. Die lodge is in die dramatiese Drakensbergreeks geleë, grens aan 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied en dit is die naaste luukse lodge aan die bekende Sanipas.

Dié reservaat het 'n beperkte aantal privaat en luukse lodges wat ideaal is vir paartjies, gesinne en klein groepe. Gaste kan tussen selfsorg-verblyf of verblyf wat alles insluit kies. Elke lodge het slaapplek vir 2 tot 6 gaste en beskik oor aparte slaapkamers met privaat badkamers, 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel en 'n dek met braaigeriewe.

Van die lodges het Jacuzzi's op die privaat dekke. Vir diegene wat nie lus is om te kook nie, kan heerlike Suid-Afrikaanse maaltye gereël word.

Een van die grootste mere in Suid-Afrika is in dié vallei geleë en die lodges is op die rand van hierdie meer geleë, wat gereeld deur verskillende wildsbokke, sebras, bobbejane en ander diere besoek word. Dit is een van die min dierereservate in die Drakensberge en die meer lok 'n ongeëwenaarde aantal voëlspesies. Visvang is welbekend hiér, met plaaslike rekords wat aan die grootte van die meer toegeskryf word.

Gaste kan 'n voorafbespreekte massering geniet, leer kunsvlieghengel, otters vanuit 'n kano dophou, op die rug van 'n perd wildkyk, Sanipas met 'n 4x4 aandurf of na die Boesman-tekeninge stap.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 15 resensies vir Sani Valley Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.1/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Gareth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 10

Ligging

  • Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sani Valley Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 842
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 842
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADr70lI8sxMxA8FL0P0uwCI1VwZcoIZzM8syEgXLpqy6LXYDlj5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 842 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 Sani Pass Road Himeville 3256 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.687775395573 29.454087816723
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem