Sanlameer Villa
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanlameer Landgoed, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sanlameer Villa is in die Sanlameer Landgoed geleë en bied verblyf vir 8 gaste.
Dié villa het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging en is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer lei na 'n stoep en het 'n lieflike see-uitsig. Die tweede slaapkamer het lugversorging en 'n koninggrootte-bed. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Kamers 3 en 4 is elk gemeubileer met 2 enkelbeddens en plafonwaaiers.
Die oopplan-leefarea het lugversorging. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, en oond. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien, en tuimeldroër is ook beskikbaar. Etes kan langs die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitkamer voor die TV ontspan. DStv is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.
Die leef-area lei na 'n dek met 'n uitsig oor die see. Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Die villa word op weeksdae skoongemaak.
Die landgoed maak oop op Marine Beach, wat Blouvlag-status het. Die landgoed bied 'n 18 putjie-gholfbaan, asook 'n Mashie-gholfbaan met 9 putjies. Daar is ook 3 muurbalbane, tennisbane, en 2 swembaddens, waarvan gaste gebruik kan maak. Gaste is verder ook welkom om die restaurant of die spa te besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Sanlameer Landgoed, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanlameer Landgoed, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom