Sanlameer Villa 2101 Accommodation
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanlameer Estate, Marina Beach, 3010, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Sanlameer Villa 2101 Accommodation is in Sanlameer Estate aan KwaZulu-Natal se suidkus geleë. Dié selfsorgwoonstel is ideaal vir 'n vriendegroep of 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede.
Die eenheid het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die tweede slaapkamer. Die sitkamer het lugversorging en 'n TV met opsionele DStv. En die kombuis is toegerus met 'n tuimeldroër, wasmasjien, en alles wat jy benodig vir selfsorg.
Sanlameer Villa 2101 Accommodation het binne- en buitebraaiplekke. Die eenheid het teëlvloere en 'n skoonmaker sorg sekere dae van die week dat dit skoon bly. 'n Gholfbaan, tennis- en muurbalbane, rolbal, roeibote en veilige parkeerplek is beskikbaar in die kompleks.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Sanlameer Estate, Marina Beach, 3010, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sanlameer Estate, Marina Beach, 3010, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom